♂
Henry Nr.
a1b4c5d1e8f1g4h4i2
Volle naam
Guillaume Francois Marais van Eeden
Noemnaam
Guy
Geslag
Manlik
Gebore
11/10/1919
Lusaka, Zambia
Oorlede
Onbekend
Ouderdom
Onbekend
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Gebore in Lusaka, Noord Rhodesië (nou Zambië). Hy het gesukkel om geleerdheid te bekom weens skaarste aan skole en geen universiteite in Noord-Rhodesië, maar het met sy moeder se hulp en korrespondensiekususse voortgeworstel. 1986 werk aan BA en MA grade in Politiek en Ekonomie by 'n Amerikaanse en Britse Universiteit. Hy het 10 jaar in Noord-Rhodesië geboer op twee plase van 2 200 en 6 500 akker. Op 24 jaar was hy voorsitter van Lusaka Landbouvereniging; op 26 jaar ondervoorsitter (vise-president) van Noord-Rhodesië se Landbou-unie; op 28jaar is hy verkies tot die Noord-Rhodesiese Wetgewende Raad (Legco) en dien 5 jaar daarop; op 33 jaar is hy tot die Federale Parlement verkies en dien 10 jaar daarin totdat die Federasie tot niet is. Hy was dikwels lid en soms voorsitter van gekose komitees. Het in 1955 die OBE dekorasie ontvang vir dienste gelewer aan die land. Hy was 'n sterk politieke spreker en was selfs vir die kabinet oorweeg maar het stry gekry oor beleid met Lord Malvern en Sir Roy Welensky. Hy het egter dikwels ministeriële werk gedoen en oorsese konferensies bygewoon. 1963 verhuis hy na Suid Afrika; 1964 - 1981 dien hy in die Dept van Inligting wat later by die Dept Buitelandse Sake geinkorporeer is; 1967 - 1973 diplomaat vir Suid Afrika in Londen en New York; was ook Pers Attaché in London en waarnemende Direkteur in New York. In laasgenoemde pos het hy baie gereis, talle toesprake gelewer en radio- en televisiepraatlies gelewer. Hy is die skrywer van vier boeke, naamlik 'The road to sanity' in 1955, 'The crime of being white' in 1963, 'Die vuur brand nader' in 1964 en 'Give South Africa a chance' in 1986. Daar is nog manuskripte op pad. By dit alles is hy sewe tale magtig te wete Afrikaans, Engels, Hollands, Frans, Duits en twee Bantoetale uit Malawi en Zambië; 1990 woon Ariesstr, Waterkloof-rif, Pretoria.

Lewenslyn

11/10/1919
Gebore
◎ Lusaka, Zambia
05/06/1948
Getroud met Barbara Helen van Eeden (nee Smedley)
◎ Salisbury (nou Harare)
Onbekend
Oorlede

Wysigingsgeskiedenis

Gewysig
biography: Gebore in Lusaka, Noord Rhodesië (nou Zambië). Hy het gesukkel om geleerdheid te bekom weens skaarste aan skole en geen universiteite in Noord-Rhodesië, maar het met sy moeder se hulp en korrespondensiekususse voortgeworstel. 1986 werk aan BA en MA grade in Politiek en Ekonomie by 'n Amerikaanse en Britse Universiteit. Hy het 10 jaar in Noord-Rhodesië geboerop twee plase van 2 200 en 6 500 akker. Op 24 jaar was hy voorsitter van Lusaka Landbouvereniging; op 26 jaar ondervoorsitter (vise-president) van Noord-Rhodesië se Landbou-unie; op 28jaar is hy verkies tot die Noord-Rhodesiese Wetgewende Raad (Legco) en dien 5 jaar daarop; op 33 jaar is hy tot die Federale Parlement verkies en dien 10 jaar daarin totdat die Federasie tot niet is. Hy was dikwels lid en soms voorsitter van gekose komitees. Het in 1955 die OBE dekorasie ontvang vir dienste gelewer aan die land. Hy was 'n sterk politieke spreker en was selfs vir die kabinet oorweeg maar het stry gekry oor beleid met Lord Malvern en Sir Roy Welensky. Hy het egter dikwels ministeriële werk gedoen en oorsese konferensies bygewoon. 1963 verhuis hy na Suid Afrika; 1964 - 1981 dien hy in die Dept van Inligting wat later by die Dept Buitelandse Sake geinkorporeer is; 1967 - 1973 diplomaat vir Suid Afrika in Londen en New York; was ook Pers Attaché in London en waarnemende Direkteur in New York. In laasgenoemde pos het hy baie gereis, talle toesprake gelewer en radio- en televisiepraatlies gelewer. Hy is die skrywer van vier boeke, naamlik 'The road to sanity' in 1955, 'The crime of being white' in 1963, 'Die vuur brand nader' in 1964 en 'Give South Africa a chance' in 1986. Daar is nog manuskripte op pad. By dit alles is hy sewe tale magtig te wete Afrikaans, Engels, Hollands, Frans, Duits en twee Bantoetale uit Malawi en Zambië; 1990 woon Ariesstr, Waterkloof-rif, Pretoria. → Gebore in Lusaka, Noord Rhodesië (nou Zambië). Hy het gesukkel om geleerdheid te bekom weens skaarste aan skole en geen universiteite in Noord-Rhodesië, maar het met sy moeder se hulp en korrespondensiekususse voortgeworstel. 1986 werk aan BA en MA grade in Politiek en Ekonomie by 'n Amerikaanse en Britse Universiteit. Hy het 10 jaar in Noord-Rhodesië geboer op twee plase van 2 200 en 6 500 akker. Op 24 jaar was hy voorsitter van Lusaka Landbouvereniging; op 26 jaar ondervoorsitter (vise-president) van Noord-Rhodesië se Landbou-unie; op 28jaar is hy verkies tot die Noord-Rhodesiese Wetgewende Raad (Legco) en dien 5 jaar daarop; op 33 jaar is hy tot die Federale Parlement verkies en dien 10 jaar daarin totdat die Federasie tot niet is. Hy was dikwels lid en soms voorsitter van gekose komitees. Het in 1955 die OBE dekorasie ontvang vir dienste gelewer aan die land. Hy was 'n sterk politieke spreker en was selfs vir die kabinet oorweeg maar het stry gekry oor beleid met Lord Malvern en Sir Roy Welensky. Hy het egter dikwels ministeriële werk gedoen en oorsese konferensies bygewoon. 1963 verhuis hy na Suid Afrika; 1964 - 1981 dien hy in die Dept van Inligting wat later by die Dept Buitelandse Sake geinkorporeer is; 1967 - 1973 diplomaat vir Suid Afrika in Londen en New York; was ook Pers Attaché in London en waarnemende Direkteur in New York. In laasgenoemde pos het hy baie gereis, talle toesprake gelewer en radio- en televisiepraatlies gelewer. Hy is die skrywer van vier boeke, naamlik 'The road to sanity' in 1955, 'The crime of being white' in 1963, 'Die vuur brand nader' in 1964 en 'Give South Africa a chance' in 1986. Daar is nog manuskripte op pad. By dit alles is hy sewe tale magtig te wete Afrikaans, Engels, Hollands, Frans, Duits en twee Bantoetale uit Malawi en Zambië; 1990 woon Ariesstr, Waterkloof-rif, Pretoria.
Danie van Eeden · 19 Sept 2026 18:57
Geskep
Guillaume Francois Marais van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 19 Sept 2026 18:53