♂
Volle naam
Hermann Friedrich Georg Kuschke
Geslag
Manlik
Gebore
22/02/1891
Johannesburg, Gauteng, South Africa
Oorlede
13/06/1942
Bloemfontein, Free State, South Africa
Ouderdom
51jr 3mde 22dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Hy ontvang sy skoolopleiding in Johannesburg en studeer aan Univ van Pretoria; hou op Lichtingburg skool; 1916 word hoof van die Stofberg-gedenkskool vir Swart onderwysers. In 1914 sluit hy by die Lichtenburgse rebellekommando aan, as gevolg waarvan hy sewe maande in die tronk moes deurbring. In 1924 het hy inspekteur van Swart onderwys in die Vrystaat geword. As liefhebber van musiek - hy het liedere in Afrikaans en Swart tale gekomponeer - het hy daarvoor gesorg dat die sangonderwys uitgebrei word, en met die besoek van die Prins van Wallis (later Koning Edward VIII) in 1925, het hy 'n koor van 1 500 Swart leerlinge in Bloemfontein laat optree. In 1936 is hy aangestel as lid van die interdepartementele kommissie insake Swart onderwys en was ook lid van die raad van die Swart kollege op Fort Hare.

Lewenslyn

22/02/1891
Gebore
◎ Johannesburg, Gauteng, South Africa
13/12/1929
Getroud met Dirkie Spies (nee van Eeden)
13/06/1942
Nagelaat van Dirkie Spies (nee van Eeden)
13/06/1942
Oorlede
◎ Bloemfontein, Free State, South Africa

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
Hermann Friedrich Georg Kuschke
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 05 Okt 2026 22:22

Aantekeninge

(s.v. Hermann Friedrich Ludwig Kuschke & Adele Bertha Christina Steinwender)