♂
Volle naam
Benjamin Duminy Knoblauch
Geslag
Manlik
Gebore
05/05/1900
Riviersonderend, Western Cape, South Africa
Oorlede
06/02/1976
Ouderdom
75jr 9mde 1dag
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Van Riviersonderend; mediese dokter. Gaan vestig na sy eerste huwelik op Riviersonderend waar hy sy eggenote ontmoet het; woon hier gelukkig to 1930; 1930 vertrek met sy gesin na Europa om hom te bekwaam as ginekoloog. Hy het in Vienna graad gekry en is toe na Edingurgh, maar het nooit die ekstra graad gekry nie omdat hy eendag vir iemand gesê het hy sal nie toelaat dat die Engelse op sy kat opereer nie, nadat hulle hom gevra het hoe die Duitse en Engelse ginekoloë vergelyk. Hy het drie keer geskryf en elke keer vol punte vir sy vraestelle gekry maar mondeliks het hulle hom laat druip. Hy sou die beste grade in die land gehad het indien hy die Engelse graad kon kry. Hy was 'n goeie dokter en veral goed met vrouens wat ni swanger kon raak nie; lank na sy dood het van sy pasiënte nog met lof van hom gepraat. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie en kon net so goed perskes inlê as wat hy lemoenkonfyt kon kook. Sy tuin en vrugtebome was sy stokperdjie. Hy was baie netjies en presies maar baie haastig van geaardheid. Hy het egter nooit oor sy seun John Hein, wat op 20 jaar oorlede is, se dood gekom nie.

Lewenslyn

05/05/1900
Gebore
◎ Riviersonderend, Western Cape, South Africa
29/01/1927
Getroud met Elsje Sophia Knoblauch (nee van Eeden)
◎ Swellendam
08/08/1957
Geskei van Elsje Sophia Knoblauch (nee van Eeden)
06/02/1976
Oorlede

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
Benjamin Duminy Knoblauch
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 08 Okt 2026 22:17

Aantekeninge

Hertrou met Sophia Schultz.
(s.v. Johannes Hubertus Theunissen Knoblauch & Rachel Elizabeth Johanna Scholtz)