My pa het vir 48 jaar lank aan die familie register gewerk tot misnoë vir my ma en ons as kinders, want hy het elke vakansie meer tyd gespandeer om familie op te soek as om tyd met ons mee te bring. En tog trek ons vandag die voordeel daarvan om 'n boek van ons familie te besit waarin ons ons voorsate kan eien en waarop ons kan voortbou.
Hy het in samewerking met Prof. Gideon de V. de Kock van die Genealogiese Navorsingsgroep te Port Elizabeth Universiteit opgestel en 300 eksemplare ( ISBN: 0-86988-791-2) gedruk waarvan 5 na ons toe gekom het. Ek besit die sewende boek. Die mense wat wel 'n boek kon bekom is baie gelukkig want daar gaan volgens die professor nie meer gedruk word nie.
My pa het nooit die boek gesien nie want ons het vyf van die boeke per pos ontvang op die dag van sy begrafnis. Dit is inderdaad baie tragies.
Dit is ongelukkig so dat heelwat van die boeke misdrukke in het, soos ladsye wat deurmekaar en onderstebo gebind is. Dit is vir my baie onaanvaarbaar maar ek kan niks daaromtrent doen nie. Ek het ook my bes probeer om 'n elektroniese weergawe van die Universiteit te bekom, maar dit is geweier omrede dit hulle uitsluitlike kopiereg het.
Al my pa se aantekeninge is in kratte verpak, maar met my trek vanaf Welkom na die Kaap kon ek dit nie op die trek sit nie en lê dit nog steeds in bewaring by my vorige werkgewer. Ek hoop om dit eendag by my te kry wanneer hulle my laaste gelde uitbetaal wat hulle my nog skuld (hoop is natuurlik nie iets waarop ek kan staatmaak nie).
Die enigste ander manier is om donasies te ontvang om die kostes van vervoer te dek of iemand wat dalk in die toekoms die reis gaan meemaak en die kratte kan saam vervoer. As iemand kan help met welke metode ook al, sal ek dit opreg waardeer.
Seëngroete aan al die familie.
Danie
Erfenis

0 Kommentare / Comments
Nog geen kommentare nie. Wees die eerste! / No comments yet. Be the first!
Slegs goedgekeurde lede van die Van Eeden Familieargief kan kommentaar lewer. / Only approved members of the Van Eeden Family Archive may leave comments. Teken in / Sign in