Biografie
Vermoor deur 'n swart man wat hom met 'n baksteen doodslaan in sy voortuin toe hy terugkom van rolbal af. Die swart man breek by sy huis in en steel ook sy Cressida motor. Die moordenaar is gevang, en die motor is teruggevind. Begrawe op Haenertsburg langs sy vrou; Gideon se eerste werk na metriek was as bode by die aandelebeurs in Johannesburg vir een pond per week, en hy het daar gewerk vir twee jaar. Deur middel van 'n vriend kry hy werk by die staatsgarage as motorbestuurder. Gedurende dié tyd skryf hy in by Tegniese College vir 'n gesondheidsinspekteur kursus. Alhoewel hy 'n laat inskrywer was, slaag hy nogtans al sy vakke met onderskeiding. Hy kom in aanraking met 'n dokter Anneke, destyds hoof van die muskietnavorsingstasie op Tzaneen, en help hom om 'n oorplasing te kry. In die begin het hy rondgegaan om boere te onderrig oor malaria en omdat hy altyd 'n mikroskoop saam met hom geneem het, kon hy ook malaria ontleed. So het hy op 'n Botha gesin afgekom op die plaas Ziek anderkant Gravelotte, waar die hele gesin bedleënd was en hy stel hom voor met die grappie dat hy kom soek na die siek mense van Ziek. Op die plek het die ontleding bevestig dat Amal malaria het, en kon hy hulle dadelik behandel met Quinine pille. Na 'n tyd by die navorsingstasie, kry Gideon 'n oorplasing na die Buitelandelike Gesondheidsraad as inspekteur en assistent van die Oesch, distriksgeneesheer op Heidelberg, en woon op Springs vir vyf jaar. Die oorplasing was tydens 'n pokke epidemie. In sy tyd was daar ook builepes en luiskoors (tifus) op Ogies onder die swart gemeenskap. Die ontsmetting van huise was aanvanklik gedoen met stoom deur middel van 'n balie wat moes dien as stoomketel waaronder vuur gemaak was. Met die koms van DDT was oorgeskakel na die poeier. Die zwartese wonings, klere, lywe en koppe is vol poer geblaas om die luise te bestry. Na vyf jaar word hy genader deur dr Mastbaum, 'n Duitse Jood, wie werksaam was in Swaziland om die eerste gesondheidsinspekteur van Swaziland te word vir die Britse Regering om malaria te bestry, en woon toe in Bremmersdorp. Hy het 'n muskiet ontdek wat na hom vernoem is, naamlik *Anopheles Vaneedenii*, woon Tzaneen voor sy dood.
Familie van Gideon Jacobus van Eeden
(a1b4c5d1e5f3g3h2i1)