♀
Volle naam
Heila Maria van Eeden
Nooiensvan
van Deventer
Geslag
Vroulik
Gebore
23/11/1857
Oorlede
04/08/1936
Ouderdom
78jr 8mde 12dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Begrawe op Palmietfontein in die Jan Boomplaas Geskiedkundige Begraafplaas; sy het saam met haar ouers van die Kaap af getrek na Jacobsdal en daar gevestig. Die 8 kinders wat sy met haar huwelik geërf het, het gewissel in ouderdom van 2 tot 16 jaar maar sy was baie lief vir hulle en hulle vir haar. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is sy en haar gesin met oop waens na die Konsentrasiekamp op Klerksdorp geneem en het byna al hul besittings verloor. In die kamp moes hulle 8 tot 12 persone in een kloktent woon. Haar kinders moes op die grond slaap en hulle rantsoene was net 'n pond meel, 'n halfpond vleis, 'n skraapsel suiker en koffie per dag; te min water, geen seep, te min klere en komberse, gebrek aan mediese versorging, latrines heeltemal ontoereikend. Dit is die moordkamp genoem.

Lewenslyn

23/11/1857
Gebore
09/04/1883
Getroud met Frederik Jacobus van Eeden
◎ Jacobsdal
04/08/1936
Nagelaat van Frederik Jacobus van Eeden
04/08/1936
Oorlede

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
Heila Maria van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 16 Sept 2026 18:06