Swellendam, Western Cape, South Africa
Bredasdorp, Western Cape, South Africa
Biografie
Gebore op Voorrechtsvlei, Swellendam; begrawe op Worcester by sy eerste vrou; name volgens sy moeder se sterfkennis. Hy boer met uitvoer lemoene en gemengde boerdery; woon na aftrede te Sealystr, Bredasdorp. Toe Theunis en sy broers moes lootjies trek uit 'n hoed om te bepaal wie kry watter deel van die plaas, was hy die gelukkige een om die beste deel te trek wat ten volle beplant was met 'n watermeul en 'n pragtige grasdakhuis langs die Keurboomsrivier, met baie eikebome op die werf. Sy seun Frederik (Eric) het later die watermeul omskep om elektrisiteit te vervaardig vir huisgebruik en het ook 'n kabelkarretjie opgerig oor die rivier. Theunis se kinders wou nie boer nie en toe hy besluit om af te tree, gaan woon hy en sy eerste vrou op Swellendam. Na haar dood gaan woon hy met sy tweede vrou op Bredasdorp. In 1998 is Siku Boerdery die eienaars van die plaas.
Familie van Theunis Lodewyk Steyn van Eeden
(a1b4c5d3e1f5g5h4)