♂
Henry Nr.
a1b4c5d3e1f5g5
Volle naam
Frederik Jacobus van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
27/02/1859
Swellendam, Western Cape, South Africa
Oorlede
09/05/1932
Piketberg, Western Cape, South Africa
Ouderdom
73jr 2mde 12dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Sterf aan huis van sy skoonseun, F.N. Rivett, Mainstraat, Piketberg; afgetrede boer van Voorrechtsvlei, in sy tyd genoem Die Vlei. Sy pa het op Voorrechtsvlei geboer totdat hy na Nooitgedacht toe getrek het, waarna Frikkie die hele plaas erf. Voorrechtsvlei is geleë aan die Klip- en Keurboomsriviere, tussen Rheenendal en Swellendam, op die Robertson pad. Toe Frikkie besluit om af te tree, deel hy die plaas op in drie plase, waarvan een deel weer in die helfte gedeel word, sodat elk van sy vier seuns ’n deel kon erf. Frikkie was in sy lewe LV vir Swellendam, en hy en ’n paar ander mans het een jaar ’n reis onderneem na die Victoria-waterval. Hy het ook die Swallow Park in Hermanus uitgelê vir Swallow Neethling, wie ’n vriendin van hom was ná sy vrou se dood. In ’n tydperk voor sy 35ste lewensjaar moes hy hom skuldig gemaak het aan drankmisbruik, want toe hy 35 jaar oud was, skryf sy pa aan hom uit die kantoor van Wetgewende Raad om sy blydskap uit te spreek dat hy die drank gelos het, en sê daarby dat hy van blydskap geween het.

Lewenslyn

27/02/1859
Gebore
◎ Swellendam, Western Cape, South Africa
14/07/1885
Getroud met Susanna Catharina Maria van Eeden (nee Coetzee)
◎ Montagu
18/08/1922
Nagelaat van Susanna Catharina Maria van Eeden (nee Coetzee)
09/05/1932
Oorlede
◎ Piketberg, Western Cape, South Africa

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
Frederik Jacobus van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 06 Okt 2026 09:53