Volle naam
Elizabeth Cornelia van Eeden
Nooiensvan
Haasbroek
Geslag
Vroulik
Gebore
02/11/1898
Bethulie, South Africa
Oorlede
23/05/1953
Bloemfontein, South Africa
Ouderdom
54 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Van Sleutelpoort, dist. Bethulie tydens huwelik; wwomagtig in hul dorpshuis te Murraystraat16, Bethulie voor haar dood. Sy het vruggebruik van die dorpshuis gehad. Sy het tot 1952 in die oorspronklike dorpshuis gebly maar namate sy ouer geword het dit baie ongerieflik gevind omdat dit vêr van die winkels af was. Sy vra toe haar vyf stiefseuns om die erf te verkoop om 'n ander een nader na die middedorp te koop en onderneem om alle kostes self te betaal, wat te staan gekom het op 56 pond 16 sjielings en 8 pennies. Die rf word verkoo aan J Venter vir 800 pond en die seuns koop toe erf nr 263, groot 34 vk roede 104 vk vt in Murraystraat 16 vir 800 pond op 19 Mei 1952 by mev Maria Jacoba Steyn, waarop hul stiefma toe lewensreg kry en net een jaar woon tot sy sterf. Na haar dood word die erf verkoop aan PWA Nel vir 900 pond. Nadat kostes afgetrek is, word die balans van 859 pond 12 sjielings en 11 pennies gelykop verdeel onder die vyf seuns en elkeen kry 171 pond 18 sjielings en 7 pennies. Bettie se eie bates van 476 pond 19 sjielings en 10 pennies word onder haar broers en susters verdeel. Die huisraad is op die vendusie verkoop vir 48 pond 13 sjielings. Die breekgoed en ander klein losgoed is in vyf hope verdeel en die vyf seuns moes elk 'n lootjie trek vir 'n hopie goed.

Lewenslyn

02/11/1898
Gebore
◎ Bethulie, South Africa
26/12/1943
Getroud met Jacobus Stefanus van Eeden
◎ NG Kerk, Bethulie
23/05/1953
Oorlede
◎ Bloemfontein, South Africa

Aantekeninge

Sterf in die Nasionale Hospitaal, Bloemfontein.
(d.v. Johannes Bernardus Haasbroek & Johanna Margaretha Haasbroek)