Johannesburg, South Africa
Biografie
Gebore in die Queen Victoria Kraaminrigting; Bekend as Kobus. Sy ouers woon in Maraisburg, Johannesburg, tot sy vyfde verjaardag, waarna hul verhuis na die plaas Hartenbos, dist, Leeudoringstad, vir drie jaar. Hier word hy as boerseun groot - hy en sy ma moes elke oggend en aand veertien koeie melk. Hy en sy oudste suster moes elke dag met fietse drie myl vê op 'n grondpad na Witpoort skool ry, 'n skool waar hulle ma ook skoolgegaan het. Van die plaas af verhuis hulle na Orkney waar sy pa op die myn gewerk het. Hy matrikuleer aan die Orkney Hoërskool. In sy matriekjaar is hy hoofseun en rugbykaptein van die 1ste span en is lid van Wes-Transvaalse skolespan. Na matriek gaan studeer hy aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. maar weens die vroeë afsterwe van sy pa kon hy nie sy studies voltooi nie. Toe sy ma weer trou, gaan werk hy vir die Kooperasie op Leeudoringstad. In 1965 aanvaar hy 'n pos as Hoofklerk - Interne ouditeur by Stilfontein Munisipaliteit tot 1972. In 1972 koop hy 'n besproeingsplaas in Jacobsdal distrik waar hy in 1997 nog boer. Hy boer hoofsaaklik met koring, grondbone, mielies en wingerd. In 1996 neem hy deel aan 'n wingerdblok kompetisie en eindig tweede met sy blok. Hy sluit ook aan by die polisie se reserviste mag vanaf 1971 tot 1993; word bevorder tot adjudant-offisier en dien as hoofreservis. Hy dien op die Rietrivier Boere-vereniging van 1980 tot 1990; word gekies as sekretaris en later as voorsitter. Vir sy onbaatsigtige diens in die boeregemeenskap word hy bekroon met 'n eerbewys deur die Vrystaatse Landbou-unie. Sy stokpertjie is wedvlug duiwe.
Familie
Lewenslyn
Aantekeninge
Foto van hom, sy vrou Bets Smith en dogter Amanda.