Henry Nr.
a1b4c5d1e1f4g3h7i3
Volle naam
Jacobus Stefanus van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
05/02/1919
Bethulie, South Africa
Oorlede
01/04/1965
Klerksorp, South Africa
Ouderdom
46 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Koos het na sy skoolloopbaan by die Spesiale Diens Batljon (SDB) te Robertshoogte aangesluit en daar onder die aanvoering van Pappa Brits hom bekwaam vir die polisiemag. Hy word oorgeplaas en gestasioneer te Wynberg, Kaap. Na 'n liefdesteleurstelling vra hy en word verplaas Johannesburg toe en word gestasioneer te Hospitaal Heuwel. Hier het hy betrokke geraak in ;n worsteling met 'n inbreker wie sy rewolwer by hom wou afneem en in die proses per ongeluk doodgeskiet word. Hy word aangekla vir moord maar deur die Hof vrygespreek waarna hy hom uitkoop. Hy gaan werk by Stork en Ogon en vervaardig drukkokers tot hy 'n aanstelling kry by ERPM se reduksie-aanleg. Hierna gaan werk hy ondergrond as skofbaas by een van die goudmyne op Orkney waar hy gebly het tot sy dood.

Lewenslyn

05/02/1919
Gebore
◎ Bethulie, South Africa
25/10/1941
Getroud met Maria Elizabeth van Eeden
01/04/1965
Oorlede
◎ Klerksorp, South Africa

Aantekeninge

Bekend as Koos.
Sterf in Klerksdorp Hospitaal aan koronêre trombose; begrawe in Orkney.