Henry Nr.
a1b4c5d1e1
Volle naam
Frederik Jacobus van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
Voor 27/10/1782
Oorlede
18/06/1878
Ouderdom
ongeveer 95 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Hy het blykbaar op Het Goed Geloof geboer toe dit nog 'n leenplass was en sy seun, Gerrit Christiaan is daar gebore. Het Goed Geloof - groot 2 177 morg- is eers op 01/09/1832 deur die regering aan Jacobus Stephanus Bruwer toegeken. Frederik moes egter voor 1828 na die plaas Vaandrigtsdrift getrek het want sy tweede jongste seun, Pieter Christiaan is daar gebore. Frederik het op Vaandrigtsdrift tot sy vrou op 16/04/1880 op die plaas oorlede is, waarna sy seun Gabriël Jacobus die boerdery oorgeneem het en op Vaandrigtsdrift geboer het totdat hy daar oorlede is. Die naam Vaandrigtsdrift was daardie tyd op verskillende maniere geskryf, naamlik Drift of Drichts Drift of selfs Faandelsdrift.

Lewenslyn

Voor 27/10/1782
Gebore
Ongeveer __/07/1808
Getroud met Maria Elizabeth van Eeden
18/06/1878
Oorlede