Henry Nr.
a1b4c5d1e1f10
Volle naam
Gerrit Christiaan van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
18/10/1826
Oorlede
22/02/1926
Barrydale, South Africa
Ouderdom
99 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Gebore op Goedgeloof; 'n moontlike geskiedenis van hom en De Vlakte volgens beskikbare inligting; Gert was bietjie meer as 'n jaar oud toe sy ouers vanaf Het Goed Geloof na die plaas Vaandrigtsdrift getrek het en het Gert dus daar grootgeword. Toe hy egter groot en oud genoeg was (moontlik 21 jaar) besluit hy om terug te keer na sy geboorteplaas (moontlik 1847) en huur die deel van Het Goed Geloof wat genoem was De Vlakte by die dan eienaar Jacobus Stephanus Bruwer, om daarop te boer want volgens oorlewering het Gert op De Vlakte geboer (navorser se tant Abrama het aan hom vertel dat sy kan onthou dat oupagrootjie op De Vlakte geboer het). Vier jaar na sy intrek trou hy met die eienaar Bruwer se dogter. 'n Tweede moontlikheid bestaan ook dat Gert boerderyregte by sy skoonpa gekry het nadat hy met die dogter getrou het want Gert was toe al 25 jaar oud. Twee jaar later word hulle seun, Gerrit Christiaan, op Goedgeloof gebore. Hierdie seun moes toe op 'n stadium die boerdery by sy pa oorgeneem het want heelwat later in 1891 word sy tweede jongste dogter, Susanna Johanna, op Goedgeloof gebore. Hy moes egter voor 1913 besluit het om op Barrydale te gaan woon want hierdie dogter, toe nog 'n ongetroude onderwyseres, is op 09/09/1913 in sy huis op Barrydale oorlede en hy self in sy huis op Barydale oorlede. Toe hy besluit het om op te hou boer, moes sy suster, Susanna Johanna, getroud met Casper Francois Lotz, blykbaar die boerdery by haar broer oorgeneem het want sy is op 05/03/1897 op 27 jarige ouderdom op Goedgeloof oorlede.

Lewenslyn

18/10/1826
Gebore
31/03/1851
Getroud met Aletta Susanna van Eeden
◎ Swellendam
22/02/1926
Oorlede
◎ Barrydale, South Africa