Frederik Jacobus van Eeden
Henry Nr.
a1b4c5d1e1f10g3
Volle naam
Frederik Jacobus van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
08/10/1857
Oorlede
30/07/1934
Bethulie, South Africa
Ouderdom
76 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Boer; hy het eers geboer Rietvlei nr. 1, dist. Momtagu; trek na Suid Vrystaat en koop die plaas Vergelegen - eers genoem Greenlands - tussen die Oranje- en Caledonrivier 17 myl vanaf Bethulie op die ou Aliwal-Noord pad. Dit is nou 'n wildplaas genoem Tussen-die-Riviere. Vir sy nageslag was hy bekend as oupa Frikkie. Op sy plaas by Montagu was 'n plaasskool waarvan mej. Perold die prinsipale was. Agter die stalle was 'n klein geboutjie wat die eerste skool in daardie hele gebied was. Hy trek Vrystaat toe omdat hy moeg geword het vir die landbou boerdery en sou met volstruise in die Vrystaat gaan boer. Die volstruisboerdery was nog nie op dreef nie toe die val van volstruisveerpryse veroorsaak dat daar oorgeslaan moet word na gemengde boerdery. Van die volstruise word geslag en biltong gemaak en die res was deur die Grootrivier gejaag. Omdat hy gewoond was aan die skool op sy plaas het hy ook 'n skool op Vergelegen begin waar sy kinders en ouer kleinkinders dan ook skoolgegaan het. Dit was sy twee kleinseuns Fred en Leonard se werk om elke oggend die klaskamer se vloer blink te vryf. Frikkie se skoondogter Lasea Abrama Coetzee, het op 'n stadium daar skoolgehou.

Lewenslyn

08/10/1857
Gebore
21/06/1878
Getroud met Catharina Johanna Jacoba van Eeden
◎ Montagu
28/01/1931
Nagelaat van Catharina Johanna Jacoba van Eeden
◎ Vergelegen
08/06/1931
Getroud met Elizabeth Margaretha Susanna van Eeden
◎ Bethulie
30/07/1934
Oorlede
◎ Bethulie, South Africa

Aantekeninge

Graf in Bethulie.