Daniel Hendrik van Eeden
Henry Nr.
a1b4c5d1e1f10g3h1
Volle naam
Daniel Hendrik van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
10/04/1877
Oorlede
08/04/1933
Umtali, Zimbabwe
Ouderdom
55 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Boer; hy was alom bekend as Dan. Omdat hy die oudste was en reeds 'n gesin gehad het moes hy sy eie plaas besit. Met geldelike hulp van sy pa koop hy die plaas Klipfontein wat aan sy pa se plaas Vergelegen grens en verander die naam na Edendal, waar hy geboer het vanaf ongeveer 1912 tot omtrent 1923. Gedurende 1922 is sy koringoes verwoes deur springkane en het hy net 12 sakke geoes wat hy moes deel met sy twee seuns, Daantjie en Dawid. Hy was bitter kwaad vir sy twee seuns omdat hul hulle deel gevat het en hom met net 4 sakke koring gelos het waarmee hy sy verpligtinge moes nakom. Hy besluit om sy plaas te verkoop en trek in 1923 Rhodesië toe en neem sy dogter Kate - toe al 16 jaar oud - saam met hom om vir hom te gaan sorg. Sy seuns het hy agtergelaat en sovêr bekend het hy tot sy dood nooit weer kontak met hulle gemaak nie. Sovêr bekend, het Dan weer in Rhodesië 'n boerdery begin in die omgewing van Umtali en hy noem die plaas ook Eedendal. Hier het hy geboer met beeste en mielies en heelwat ontbeur. 'n Groot rivier was een van die plaas se grense maar daar was nie 'n brug oor die rivier nie en kon alleenlik oorgesteek word deur middel van 'n klipdrif in die rivier, gevolglik moes die rivier baie keer trotseer word terwyl die watervlak baie hoog was.

Lewenslyn

10/04/1877
Gebore
08/04/1933
Oorlede
◎ Umtali, Zimbabwe

Aantekeninge

Sterf op sy plaas Eedendal aan swartwaterkoors. Graf op Umtali, Suid Rhodesië. Die foto wys hom en sy kinders, Daniel Hendrik (voor links), Dawid Burger (agter links) en Catharina Johanna (Agter regs).