Biografie
Hy het in sy jong dae saam met sy pa geboer op Vergelegen A maar, toe hy trouplanne kry begin hy in 1920 'n eenmansaak op Bethulie as skrynwerker, stoffeerder en restoureerder van ou meubels. As gevolg van die depressie was die besigheid later nie meer lewensvatbaar nie en besluit hy in 1933 om Johannesburg toe te trek waar hy toetree tot die boubedryf as skrynwerker (in daardie dae was deure en kosyne nog deur skrynwerkers gemaak). Na die uitbreek van die tweede Wêreldoorlog het Pieter met navorser deur al die industriële gebiede van Johannesburg geloop om vir navorser werk te soek maar oral was kennisgewings opgeplak dat net vroue benodig word. Uiteindelik het Pieter vir navorser werk gekry op die Spoorweë in Braamfontein. Na die dood van Pieter se vrou, trou hy met 'n weduwee wie 'n vis en skyfie winkel gehad het met tafels en stoele waar mense kon sit en eet. As gevolg van die oorlog moes hul die besigheid sluit. Pieter wend hom weer tot die boubedryf terwyl sy vrou begin loseerders inneem. So kom dit dat navorser na die oorlog weer by hul beland as loseerder nadat hy sy werk op die Spoorweë teruggekry het.
Tydens 1946 begin Pieter 'n tuisnywerheid saam met sy oudste seun en vervaardig speelgoed in sy agterplaas uit tamatiekasplanke. Hy het 'n goeie bestaan gevoer totdat plastiek speelgoed die mark oorgeneem het en hy weer moes terugkeer na die boubedryf. Na sy tweede vrou oorlede is, gaan bly hy tot sy dood by sy jongste seun Giep. Pieter Pieter was 'n gemoedelike man en het selde kwaad geword maar het geweet hoe om dissipline te handhaaf. Hy het baie geduld en deursettingsvermoë gehad en sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy het 'n breë kennis gehad en het altyd gesê daar is net een ding waarmee jy kan steel sonder om tronk to te gaan en dit is om te steel met die oog. In sy werk was hy 'n perfeksionis en het geglo dat 'n mens altyd trots moet wees op jou werk sodat jy nooit skaam hoef te wees om te erken dat dit jou handewerk is nie. Hy was altyd bereid om te help en selfs toe hy baie siek was en baie pyn moes verduur was hy gewillig om te luister en te help met raad. Sy goeie hoedanighde het hy oorgedra aan sy kinders en veral sy jongste seun Giep wie self vier seuns het, probeer almal hard om in hulle oupa se voetspore te volg.
Familie
Lewenslyn
Aantekeninge
Graf op Grahamstad.
Foto van hom alleen.