Henry Nr.
a1b4c5d1e1f5g3h9i2
Volle naam
David Kloppers van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
07/01/1922
Worcester, Western Cape, South Africa
Oorlede
Onbekend
Ouderdom
Onbekend
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Bekend as David en was die slim een in die familie. Hy matrikuleer aan die Worcester Seunsskool teen die einde van 1937 toe hy nog betreklik jonk was. In 1938 begin hy op die 16-jarige ouderdom, ' n jaar te vroeg as student by die Universiteit van Stellenbosch, studeer aan sy B.Sc. graad, wat hy in 1941 verwerf, waarna het hy sy studies onmiddellik voortsit en in 1942 die M.Sc. graad in filosofie behaal. In 1943 sluit hy aan by die weermag om 'n patologiese laboratoriumkursus te volg by die Mediese Navorsingsinstituut in Johannesburg, waarna hy gedurende 1944 tot 1945 as 'n laboratoriumtegnikus diens doen in militêre hospitale in Suid-Afrika, Egipte en Italië tydens die Tweede Wêreldoorlog. Na die oorlog aanvaar hy in April 1946 'n pos as laboratoriumtegnikus by Imperial Cold Storage and Supply Co., Dokweg, Kaapstad, en word later bevorder tot produksiebestuurder en daarna as assistent-hoofbestuurder van Dairybelle se Industriële afdeling. In September 1956 word hy saam met Imperial Cold Storage se hoofkantoor verplaas vanaf Kaapstad na Pretoria. Tydens sy ononderbroke verbintenis met die suiwelbedryf het hy bydraes van onskatbare waarde gelewer tot die ontwikkeling en verbetering van dié bedryf. Die vertroue en agting wat die suiwelbedryf in hom gehad het, word weerspieël deur sy verkiesing tot verskeie verwante organisasies. - te veel om hier te noem maar volledig uiteengesit in sy CV. Op sy stil en beskeie manier was David 'n man van vele dade en min woorde en nooit iemand wat homself op die voorgrond geplaas het nie. Soveel so dat hy selfs ontken het dat hy die slim een in die familie was toe navorser hom gedurende Junie 1999 besoek het. In 1986 is die meriete-toekenning van die SA Vereniging vir Suiweltegnologie aan hom toegeken en in Julie 1987 het hy besluit om af te tree om te gaan rus. Woon 11de Straat Wes, Menlo Park, Pretoria.

Lewenslyn

07/01/1922
Gebore
◎ Worcester, Western Cape, South Africa
10/06/1949
Getroud met Verena Brenner
◎ Alexandria
Onbekend
Oorlede

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
David Kloppers van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 08 Aug 2026 16:22