Worcester, Western Cape, South Africa
Biografie
Gesigkundige. Hy is vernoem na Louis Botha, die eerste Eerste Minister van die Unie van Suid Afrika, want sy ouers was huisvriende van Louis Botha en hy het selfs toe hy 6 jaar oud was 'n ruk lank in Groote Schuur gebly. Louis het van Sub A in die Worcester Seunsskool skoolgegaan en in 1949 daar matrikuleer. Hy het ook vir sy skool rugby gespeel. In daardie tyd het hulle in Porterstraat gebly, wat naby die skool was. In 1954 is hy Engeland toe om vir Dollard en Aitchison hoogkundiges te gaan werk. In die tyd ontmoet hy sy vrou eendag toe sy en haar kollegas, wie ook vir die firma gewerk het, in hulle etensuur in 'n nabygeleë park netbal gespeel het. Hulle was twee spelers kort, en Louis en 'n vriend besluit om die tekort aan te vul en net daar het die romanse begin wat hulle in 1956 laat trou het. In 1960 kwalifiseer hy as gesigkundige nadat hy aan die Northampton College of Technology studeer het en lid geword het van die British Optical Association. Nadat twee van sy kinders in Londen gebore is, keer hy met sy gesin in 1961 terug Suid-Afrika toe. Terwyl hy in Suid-Afrika was, word nog 'n kind van hom gebore in die Groote Schuur-hospitaal. In 1969 besluit hy om aan boord die Windsor Castle terug te gaan Engeland toe.
Familie van Louis Pierre van Eeden
(a1b4c5d1e1f5g3h9i3)