Wolmaransstad, South Africa
Biografie
Bekend as Meisie by die huis en in die openbaar. Diè neomnaam is so vasgekleef dat sy self nie reageer het op 'n ander naam nie. Sy het wel Johanna as naam aanvaar by die werksplek. Weeg 3 pond 11 onse met geboorte en kwalik 12 duim lank; maar sterk en liggaamlik volmaak. Sy begin haar skoolloopbaan in 'n Engelse skool op Gatooma, Suid-Rhodesië. As gevolg van haar vader se werk en baie verplasings moes sy in agt verskillende skole, waarvan drie Engels en vyf Afrikaans, skoolgaan. Ten spyte van die verwisseling van skole het sy nooit probleme gehad om aan te pas nie. Sy het verskeie diplomas verwerf. Die gedwonge aanpassing in haar skoolloopbaan het haar egter goed te pas gekom in haar latere werksloopbaan wat net so veelvuldig en wisselend was. As gevolg van haar man se verwisseling van werk moes hulle baie rondtrek met die gevolg dat sy by 15 verskillende firmas gewerk het. Sy het begin as bloemiste en met verloop van tyd verwissel na haarkapster, verpleegster, lughawe assistent en kantoorklerk met 'n groot verskeidenheid poste. Haar werkgewers het haar almal beskryf as pligsgetrou, aanpasbaar en flink om te leer en kan haarself handhaaf teen enige uitdaging wat haar aangebied is. Sy het 'n vriendelike geaardheid met 'n goeie gesindheid en kommunikeer goed met mense op alle vlakke.