Ceres, Western Cape, South Africa
Biografie
Gebore op Rheenendal; begin skooljare op Rheenendal en later Swellendam en skryf maetriek by die Paarl Hoërjongenskool. Sy pa sê vir hom hy moes nie ook ’n plaas erf nie en dat hy maar verder sal moet leer. Hy skryf toe in vir ’n landboukursus by die Universiteit van Stellenbosch, maar nadat hy begin het, skakel hy oor na ’n B.Com. en verwerf dit. Om besigheidsondervinding op te doen, begin hy werk by JW Jagger en Kie as toonbankklerk vir 5 pond per maand. In 1927 gaan hy in vennootskap met ’n firma, Kriel en Kie, op Riviersonderend. Gedurende 1938 verkoop hy egter sy aandeel aan sy vennote en koop die firma Luyt & Key op Ceres, ’n algemene handelaar saak wat in 1875 gestig is. Hy en sy vrou woon aanvanklik in ’n woonstel bo die winkel, maar ná ’n jaar koop hy vir hulle ’n groot huis in die hoofstraat langs sy besigheid. Toe hy begin belangstel in die verbouing van sagtevrugte, koop hy die plaas Tall Timbers, dist. Ceres, wat hy later vergroot met die aankoop van die aangrensende plaas Umzumaai; na die aardbewing koop hy ook die plaas Prospect by. Hy het die belastingbetalersvereniging op Ceres begin; is president van Cres Rugby Club; voorsitter en later president van die Kamer van Koophandel van 1952 - 1953; dien 29 jaar op die direksie van die Sagtevrugteraad as handelsverteenwoordiger tot 1971; lid van die Klub Here Sewentien, Kaapstad. Saam met ander koop hy The Seeded Muskel Raisin Co. op Ceres en brei dit uit met die Ceres Dried Fruit Co. as besturende direkteur. Hy is burgemeester van Ceres van 1963 tot 1964. Deur sy toedoen word die Ceres Landbougenootskap gestig, die vakansieoord op Ceres ontwikkel, die sementpad in Mitchells Pas gebou, die spoorwegstasie verskuif en die nuwe polisiestasie gebou, terwyl hy ook ’n groot rol speel in die Aspoort Besproeiingskema. In 1952 word hy voorsitter van ASSACOM en ’n jaar later president. Hy was ouderling in die NG Kerk, lid van die skoolkommissie, direkteur van Boland Pakkerskoöperasie Bpk, vise president van die Ceres Landbougenootskap, Ceres en Riviersonderend Munisipale Raad en was van 1926 tot 1939 betrokke by die handel op Riviersonderend. Hy was ook stigterspresident van die Rotariër beweging. Die aardbewing van 1969 het sy huis onbewoonbaar en sy winkel erg beskadig,
Familie van Jacob van Eeden (Japie)
(a1b4c5d3e1f5g7h11)