Henry Nr.
a1b4c5d1e1f4g3h7i4
Volle naam
Dina Maria Christina van Eeden
Geslag
Vroulik
Gebore
29/10/1922
Bethulie, South Africa
Oorlede
22/01/1927
Bethulie, South Africa
Ouderdom
4 jaar
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Sy en haar broer Koos het winkel gespeel deur die voorhuisvenster; dan gaan sy buite en staan op die klipfondament wat 'n trappie gevorm het, om te koop. In die wyl het 'n koperkapêl wat in 'n gat gebly het uitgekom en haar enkel gepik. Haar broer Leonard het snytjies gemaak en die gif probeer uitsuig. Haar pa was op 'n buurplaas en moes geroep word met 'n spieël wat van 'n rantjie af geskyn word want daar was nog nie telefone nie. Die naaste dokter was 17 myl van die plaas af. Halfpad Bethulie toe sterf sy in haar ma se arms.

Lewenslyn

29/10/1922
Gebore
◎ Bethulie, South Africa
22/01/1927
Oorlede
◎ Bethulie, South Africa

Aantekeninge

Sterf aan slangbyt; begrawe op Bethulie